Page 1 of 4

WPS - Munga Equipe Uitdaging

Help ’n Kind Vorentoe Beweeg – Ondersteun WPS se Munga Equipe Uitdaging

Vir die tweede jaar neem Worcester Primêre Skool aan die Munga Equipe Uitdaging deel en hierdie jaar pak TWEE spanne die uitdaging aan!
Met deursettingsvermoë, spanwerk en ’n hart vir ons leerders ry hierdie deelnemers nie net vir die avontuur nie, maar om ’n verskil te maak in kinders se lewens.
Jou ondersteuning help om leerders toegang te gee tot geleenthede, ondersteuning en hoop vir die toekoms.

Die fondse sal onder andere aangewend word vir:
• Noodsaaklike skoolbenodighede
• Deelname aan opvoedkundige aktiwiteite, sportaktiwiteite en sporttoere
• Gelyke geleenthede vir elke kind om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel

Saam trap ons ’n pad van hoop en geleenthede oop vir ons kinders.
Saam maak ons ’n verskil!

U van

U naam

Naam van u besigheid

U kontaknommer

U e-posadres